Die "Huidige roete"-kieslys

Wanneer jy 'n roete of "track" beplan het, kies die "Huidige roete" of "Huidige 'track'"-knoppie in die Hoofkieslys om die "Huidige roete" of "Huidige track"-kieslys oop te maak.

Die volgende knoppies is beskikbaar in die hoofkieslys:

Wis roete / Wis "track"

Kies hierdie knoppie om die huidig-beplande roete skoon te maak.

Die 'Huidige roete'-kieslys maak toe en jy is terug in kaartaansig.

Wenk: Jy kan ook 'n roete skoonmaak deur die knoppie onderaan die roetebalk te gebruik.

Mis volgende stilhouplek

Kies hierdie knoppie om die volgende stilhouplek op jou roete oor te slaan.

Vind alternatief

Jy sien hierdie knoppie wanneer jy 'n beplande roete het. Kies hierdie knoppie om tot soveel as drie alternatiewe roetes in die kaartaansig te wys.

Vermy padblokkade

Kies hierdie knoppie om 'n onvoorsiene hindernis te vermy wat jou roete belemmer.

Vermy deel van roete

Kies hierdie knoppie om 'n deel van 'n roete te vermy.

Vermy tolpaaie en meer

Kies hierdie knoppie om sekere tipes roetekenmerke te vermy op jou tans beplande roete. Hierdie sluit veerbote, tolpaaie en grondpaaie in.

Jy kan ook sekere kenmerke van 'n roete vermy deur van die roetebalk gebruik te maak.

Wys instruksies

Kies hierdie knoppie om 'n lys van draai-vir-draai-instruksies vir jou beplande roete te sien.

Die instruksies sluit die volgende in:

  • Jou huidige ligging.
  • Straatname.
  • Indien beskikbaar, word tot soveel as twee padnommers in skilde langs paaie gewys.
  • 'n Instruksiepyltjie.
  • 'n Beskrywing van die instruksie.
  • Die afstand tussen twee opeenvolgende instruksies.
  • Die afrit se nommer.
  • Die volledige adresse van stilhouplekke op jou roete.

    Wenk: Kies 'n instruksie om 'n voorskou van daardie deel van die roete in die kaartaansig te sien.

    Jy kan ook die instruksiepaneel in die leidingaansig kies om draai-vir-draai-teksinstruksies te sien.

Voeg stilhouplek by roete

Kies hierdie knoppie om 'n stilhouplek by te voeg by die tans beplande roete. Jy kan ook direk via die kaart stilhouplekke by jou roete voeg.

Voeg by My roetes

As jy 'n nuwe roete beplan wat nog nie gestoor is nie, sien jy hierdie knoppie. Kies hierdie knoppie om hierdie roete as deel van jou lys van My roetes te stoor.

Stoor veranderings na roete

As jy 'n verandering aan 'n My roete maak, sien jy hierdie knoppie. Kies hierdie knoppie om die veranderings te stoor.

Verander roetetipe

Kies hierdie knoppie om die tipe roete te kies wat gebruik moet word om jou roete beplan. Jou roete sal herbereken word deur die nuwe tipe roete te gebruik.

Herrangskik stilhouplekke

Kies hierdie knoppie om die lys van stilhouplekke vir jou huidige roete te sien. Jy kan dan die volgorde van die stilhouplekke langs jou roete verander.

Ry na roete of "track"

Kies Ry na roete om 'n roete vanaf jou huidige ligging na die beginpunt van 'n My roete te beplan. Die beginpunt word na 'n stilhouplek verander.

Ry na "track" beplan 'n roete na die naaste punt van die "track" vanaf jou huidige posisie. 

Ry na beginpunt

In die "Huidige 'track'"-kieslys, kies hierdie knoppie om 'n roete na die beginpunt van die "track" te beplan. Die beginpunt word na 'n stilhouplek verander. Vir meer inligting, sien Navigeer via 'n "track".

Deel "track"

Op die "Huidige 'track'"-kieslys, kies hierdie knoppie om die huidige "track" as 'n GPX-lêer uit te voer en dit op 'n geheuekaart te stoor sodat dit met ander gebruikers gedeel kan word.

Speel voorskou van roete of "track"

Kies hierdie knoppie om na 'n voorskou van jou beplande roete of "track" te kyk.

Stop voorskou van roete of "track"

Kies hierdie knoppie om die voorskou van jou beplande roete of "track" te stop.