Die kaartaansig word gewys wanneer jy geen beplande roete het nie. Jou werklike ligging word gewys sodra jou TomTom BRIDGE jou GPS-ligging gevind het.
Jy kan die kaartaansig op dieselfde manier bekyk as waarop jy 'n tradisionele gedrukte kaart sou bekyk. Jy kan in die kaart rondbeweeg deur gebare te gebruik en zoem deur die zoem-knoppies te gebruik.
Belangrik: Alles op die kaart is interaktief met in begrip van die roete- en kaartsimbole - kies gerus enige van hierdie en hou die resultate dop!
Wenk: Om 'n opwipkieslys vir 'n item op die kaart oop te maak, soos 'n roete of 'n PVB, kies die item om die kieslys oop te maak. Om 'n ligging op die kaart te kies, kies en hou die ligging totdat die opwipkieslys oopmaak.
Die kaart wys jou huidige ligging en baie ander liggings soos jou My plekke-liggings.
As jy nie 'n roete beplan het nie, is die kaart uitgezoem om die area rondom jou ligging te wys.
As jy 'n roete beplan het, word jou volledige roete op die kaart gewys. Jy kan direk via die kaart stilhouplekke by jou roete voeg. Wanneer jy begin ry, word die leidingaansig gewys.
Terug-knoppie Hierdie knoppie verander die kaart na 'n oorsig van jou hele roete of, as geen roete beplan is nie, beweeg die kaart sodat jou huidige ligging in die middel is.
Aansig-knoppie. Druk die aansig-knoppie om van die kaartaansig na die leidingaansig te verwissel. Wanneer in die kaartaansig sal die pyltjie wanneer jy ry, roteer om te wys in watter rigting jy relatief tot noord reis, met noord bo-aan.
Zoem-knoppies. Kies die zoem-knoppies om in en uit te zoem.
Huidige ligging. Hierdie simbool wys jou huidige ligging. Klik daarop om dit by My plekke of 'n soektog naby jou huidige ligging te voeg.
Let wel: As jou TomTom BRIDGE nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.
Let wel: Jy kan nie die "huidige ligging"-simbool verander nie.
Geselekteerde ligging Druk en hou om 'n ligging op die kaart te kies. Kies die opwipkieslys-knoppie om opsies vir die ligging te wys, of kies die Ry-knoppie om 'n roete na die ligging te beplan
Hoofkieslys-knoppie Kies die knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Kaartsimbole Simbole word op die kaart gebruik om jou bestemming en jou gestoorde plekke te wys:
Jou bestemming.
Jou huisligging. Jy kan jou huisligging inMy plekke instel.
Jou werkplek. Jy kan jou werkplek in My plekke instel.
Wanneer 'n soektog na PVB's naby 'n bestemming afgehandel is en die resultate op die kaart vertoon word, sal minder belangrike PVB's as swart vlagpenne met wit kruisies vertoon.
Kies 'n kaartsimbool om die opwipkieslys oop te maak, en kies dan die kieslys-knoppie om 'n lys te sien van die handelinge wat jy kan uitvoer.
Verkeer-info. Kies die verkeersinsident om inligting oor die verkeersvertraging te wys.
Jou roete, mits jy 'n beplande roete het. Kies die roete om dit uit te wis, die tipe roete te verander, 'n stilhouplek by te voeg of wysigings aan jou roete te stoor.
Spoedkameras of gevaarsones op jou roete. Kies die spoedkamera- of gevaarsonesimbool om meer inligting te wys.
Roetebalk Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het.