As daar 'n geblokkeerde pad op jou roete is, kan jy jou roete verander om dit te vermy.
Wenk: Die spoedpaneel word slegs gewys wanneer jy reeds langs jou roete ry.
'n Nuwe roete word gevind wat die geblokkeerde pad vermy. Jy kan tot soveel as twee alternatiewe gewys word afhangende van die padnetwerk tussen jou en jou bestemming.
Die nuwe roete word in die kaartaansig gewys met die verskil in reistyd in 'n borrel.
Let wel: Dit mag dalk nie moontlik wees om 'n alternatiewe roete rondom die geblokkeerde pad te vind as geen sulke roetes bestaan nie.
Leiding na jou bestemming hervat en die geblokkeerde pad word vermy. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.