Jy kan kies om sekere aspekte langs jou tans beplande roete te vermy. Jy kan kies om die volgende aspekte van die roete te vermy:
Let wel: Saamryklubbane staan soms as hoëbesettingslane (HOV-lane) bekend en word nie in alle lande aangetref nie. Om hierdie bane te gebruik, moet daar byvoorbeeld meer as een persoon in jou voertuig wees, of dit mag nodig wees dat die voertuig omgewingsvriendelike brandstof gebruik.
As jy kies om 'n tipe roete te vermy, word 'n nuwe roete beplan.
In Roetebeplanning in die Instellingskieslys kan jy sien hoe elke kenmerk hanteer gaan word wanneer jy 'n nuwe roete beplan.
Om sekere aspekte langs jou roete te vermy, doen die volgende:
'n Skerm maak oop waarop jy 'n lys vermybare kenmerke kan sien. Die kenmerke wat langs jou roete gevind word, word uitgelig.
'n Nuwe roete word gevind wat daardie kenmerk vermy. Die nuwe roete word in die kaartaansig gewys.
Let wel: Soms is dit nie moontlik om 'n alternatiewe roete te vind wat 'iets kenmerkends aan jou roete sal uitskakel nie omdat sulke roetes nie bestaan nie.
Begeleiding na jou bestemming hervat. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.