Vind 'n alternatiewe roete

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om 'n alternatiewe roete te vind, doen die volgende:

  1. Beplan 'n roete soos gebruiklik.
  2. In die kaartaansig, kies die werklike roete.
  3. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  4. Kies Alternatiewe roete en kies dan Vind alternatief.

    Tot soveel as drie alternatiewe roetes word in die kaartaansig gewys. Elke alternatiewe roete wys die verskil in reistyd in 'n borrel. Jy kan ook die km/myl-knoppie kies om die verskil as 'n afstand te wys.

    Wenk: Inligting vanaf TomTom Traffic word gebruik wanneer alternatiewe roetes bereken word. Enige roete wat tydsgewys 50% langer sal duur as die oorspronklike roete word nie gewys nie.

  5. Kies jou gekose roete deur op die tydborrel te tik.

    Begeleiding na jou bestemming begin. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

Let wel: Daar is twee ander maniere om alternatiewe roetes te vind:

1. Kies Huidige roete in die hoofkieslys, gevolg deur Vind alternatief.

2. As jou toestel stembeheer het, sê "Vind alternatief".