In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende knoppies en simbole is op die hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens die navigasieknoppies:
Kies hierdie knoppie om die Hoofkieslys oop te maak. |
|
Kies hierdie knoppie om die Hulpkieslys oop te maak. Die Hulpkieslys bevat hulp oor hoe om jou Trucker te gebruik, tesame met ander inligting oor jou toestel, soos kaartweergawe, die toestel se reeksnommer en regsinligting. |
|
Kies hierdie knoppie om die knoppies in die Hoofkieslys te herrangskik. |
|
Kies hierdie knoppie om na die vorige skerm terug te gaan. |
|
Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig. |
|
Hierdie simbool wys die status van die Bluetooth-verbinding wanneer jy 'n slimfoon gebruik om met TomTom-dienste te verbind. |
|
Hierdie simbool wys die oorblywende krag in jou Trucker se battery. |
|
Hierdie simbool wys dat jou Trucker met TomTom-dienste verbind is. |
|
Hierdie simbool wys dat jou Trucker nie met TomTom-dienste verbind is nie. |
|
Hierdie simbool wys dat jou Trucker met MyDrive verbind is. |
|
Hierdie simbool wys dat jou Trucker nie met MyDrive verbind is nie. |
|
Hierdie knoppie wys dat jy gesproke instruksies sal hoor. Kies die knoppie om stemleiding af te skakel. Jy sal nie meer gesproke roete-instruksies hoor nie, maar jy sal steeds inligting soos verkeersinligting en waarskuklanke hoor. Wenk: Jy kan kies watter tipe instruksies jy wil hoor. Kies Stemme in die Instellingskieslys en kies watter instruksies jy wil hoor. |
|
Hierdie knoppie wys dat jy nie gesproke instruksies sal hoor nie. Kies hierdie knoppie om stemleiding aan te skakel. |
|
Hierdie knoppie wys dat die aansig dagkleure gebruik. Kies die knoppie om die helderheid van die skerm te verminder en die kaart in donkerder kleure te vertoon. Wanneer jy snags bestuur of deur 'n donker tonnel ry, is dit makliker om die skerm te bekyk en minder steurend vir die bestuurder as die skerm se helderheid verdof word. Wenk: Jou toestel wissel outomaties tussen dag- en nagkleure na gelang van hoe laat dit is. Om hierdie kenmerk af te skakel, kies Voorkoms in die Instellings-kieslys en skakel Skakel oor na nagkleure as dit donker is af. |
|
Hierdie knoppie wys dat die aansig nagkleure gebruik. Kies die knoppie om die helderheid van die skerm te verhoog en die kaart in helderder kleure te vertoon. |
|
Kies hierdie knoppie om jou skerm te hernu. |