Navigasieknoppies

In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.

Die volgende navigasieknoppies is op die hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens ander knoppies en simbole:

Let wel: Nie alle funksies werk op alle toestelle nie.

Soek

Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek en kies dan Beplan 'n roete na daardie ligging.

Ry Huis toe

Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te stel.

Ry Werk toe

Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te stel.

Onlangse bestemming

Kies hierdie knoppie om 'n lys van jou onlangse bestemmings oop te maak. Kies 'n onlangse bestemming om 'n roete na daardie bestemming te beplan.

Huidige roete / Huidige "Track"

Kies hierdie knoppie om jou beplande roete of "track" te wis of te verander.

Rapporteer kamera

Kies hierdie knoppie om 'n spoedkamera te rapporteer.

My plekke

Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys.

My roetes

Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes te wys.

Parkering

Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind.

Vulstasie

Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind.

Stembeheer

Kies hierdie knoppie om stembeheer te begin.

Wenk: Jy kan ook die "word wakker"-frase sê om stembeheer te begin.

TomTom-dienste

Kies hierdie knoppie om die status van jou verbinding met die internet te sien.