Die leidingaansig

Die leidingaansig word gebruik om jou langs die roete na jou bestemming te lei. Die leidingaansig wys wanneer jy begin ry. Jy sien jou huidige ligging en details langs jou roete, waaronder 3D-geboue in sommige stede.

Let wel: 3D-geboue in leidingaansig is nie op alle toestelle beskikbaar nie.

Die leidingaansig is normaalweg in 3D. Om 'n 2D-kaart te wys met die kaart wat in die rigting beweeg waarin jy reis, verander die 2D- en 3D-verstekinstellings.

Wenk: As jy 'n roete beplan het en die 3D-leidingaansig word gewys, kies die aansig-knoppie om na die kaartaansig te verander en die interaktiewe funksies te gebruik.

Wanneer jou Trucker begin nadat dit onaktief was en jy 'n roete beplan het, sien jy die kaartaansig met jou huidige ligging.

  1. Aansig-knoppie. Druk die aansig-knoppie om van die kaartaansig na die leidingaansig te verwissel. Wanneer in die leidingaansig sal die pyltjie wanneer jy ry, roteer om te wys in watter rigting jy relatief tot noord reis, met noord bo-aan.
  2. Zoem-knoppies Kies die zoem-knoppies om in en uit te zoem.

    Wenk: Op sommige toestelle kan jy ook knyp om in en uit te zoem.

  3. Instruksiepaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:

    Let wel: Kies die instruksiepaneel om 'n lys van draai-vir-draai-instruksies vir jou beplande roete te sien.

  4. Roetesimbole Simbole word op jou roete gebruik om jou beginligging, jou stilhouplekke (Voeg 'n stilhouplek by jou roete uit die "Huidige roete"-kieslys, Voeg 'n stilhouplek via die kaart by jou roete) en jou bestemming te wys.
  5. Hoofkieslys-knoppie Kies die knoppie om die Hoofkieslys te wys.
  6. Spoedpaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:
  7. Huidige ligging. Hierdie simbool wys jou huidige ligging. Kies die simbool of die spoedpaneel om die kitskieslys oop te maak.

    Let wel: As jou Trucker nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.

  8. Roetebalk Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het.

    Belangrik: Om 'n wyer roetebalk te sien wat bykomende roete-inligting wys, verander die instelling vir Roete-inligting.