Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Stemme.
Kies 'n stem
Kies Kies 'n stem om die stem wat gesproke aanwysings en ander roete-instruksies gee, te verander.
'n Wye verskeidenheid stemme is beskikbaar. Daar is rekenaarstemme wat straatname en ander inligting direk vanaf die kaart kan lees en daar is opgeneemde stemme wat deur akteurs opgeneem is.
Let wel: Rekenaarstemme is nie vir alle tale beskikbaar nie.
As jy 'n rekenaarstem benodig en jou taal nie beskikbaar is nie, word jy gevra om te kies uit 'n lys geïnstalleerde rekenaarstemme wat beskikbaar is vir die land waarin jy jou bevind.
Instruksie-instellings
Gebruik hierdie instelling om te bepaal of jou aankomstyd hardop uitgelees moet word.
Byvoorbeeld, as jy hierdie instelling aanskakel, hoor jy vroeë instruksies soos "Na 2 km, neem die afrit regs" of "Vorentoe, draai links".
Let wel: Wanneer 'n opgeneemde stem gekies is, sien jy slegs hierdie instelling omdat opgeneemde stemme nie padnommers, padtekens, ens. kan uitlees nie.
Gebruik hierdie instelling om te beheer of padnommers hardop as deel van navigasie-instruksies uitgelees word. Byvoorbeeld, wanneer padnommers hardop uitgelees word, hoor jy "Draai links op A100".
Gebruik hierdie instelling om te beheer of straatname hardop as deel van navigasie-instruksies uitgelees word. Byvoorbeeld, wanneer straatname hardop uitgelees word, hoor jy "Draai links Grahamweg rigting Hackney."
Gebruik hierdie instelling om te beheer of vreemde straatname hardop as deel van die navigasie-instruksies uitgelees word, byvoorbeeld "Draai links Champs Élysées". 'n Engelse rekenaarstem kan, byvoorbeeld, Franse straatname lees en uitspreek, maar die uitspraak is dalk nie heeltemal akkuraat nie.