Die kaartaansig word gewys wanneer jy geen beplande roete het nie. Jou werklike ligging word gewys sodra jou Trucker jou GPS-ligging gevind het.
Jy kan die kaartaansig op dieselfde manier bekyk as waarop jy 'n tradisionele gedrukte kaart sou bekyk. Jy kan in die kaart rondbeweeg deur gebare te gebruik en zoem deur die zoem-knoppies te gebruik.
Belangrik: Alles op die kaart is interaktief met in begrip van die roete- en kaartsimbole - kies gerus enige van hierdie en hou die resultate dop!
Wenk: Om 'n opwipkieslys vir 'n item op die kaart oop te maak, soos 'n roete of 'n PVB, kies die item om die kieslys oop te maak. Om 'n ligging op die kaart te kies, kies en hou die ligging totdat die opwipkieslys oopmaak.
Die kaart wys jou huidige ligging en baie ander liggings soos jou My plekke-liggings.
As jy nie 'n roete beplan het nie, is die kaart uitgezoem om die area rondom jou ligging te wys.
As jy 'n roete beplan het, word jou volledige roete op die kaart gewys. Jy kan direk via die kaart stilhouplekke (Voeg 'n stilhouplek by jou roete uit die "Huidige roete"-kieslys, Voeg 'n stilhouplek via die kaart by jou roete) by jou roete voeg. Wanneer jy begin ry, word die leidingaansig gewys.
Let wel: As jou Trucker nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.
|
Jou bestemming. |
|
Jou huisligging. Jy kan jou huisligging inMy plekke instel. |
|
Jou werkplek. Jy kan jou werkplek inMy plekke instel. |
|
'n Stilhouplek op jou roete. |
|
'n Ligging wat in My plekke gestoor is. |
Wanneer 'n soektog na PVB's naby 'n bestemming afgehandel is en die resultate op die kaart vertoon word, sal minder belangrike PVB's as swart vlagpenne met wit kruisies vertoon. |
Kies 'n kaartsimbool om die opwipkieslys oop te maak, en kies dan die kieslys-knoppie om 'n lys te sien van die handelinge wat jy kan uitvoer.
Let wel: Verkeerinfo is slegs beskikbaar as jou TomTom Trucker TomTom Traffic het.