Kies Soek in die Hoofkieslys om na adresse en PVB's te begin soek. Die soekskerm maak oop en wys die sleutelbord met die volgende knoppies:
Kies hierdie knoppie om terug te gaan na die vorige skerm.
Voer jou soekvoorwaardes hier in. Terwyl jy tik, word ooreenstemmende adresse en PVB's gewys.
Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.
Wenk: Om te redigeer, kies 'n woord wat jy reeds ingetik het om die loper te posisioneer. Hierna kan jy karakters invoeg of skrap.
Jy kan deur die huidige kaart in geheel soek, of in 'n spesifieke gebied soos 'n dorp of stad, of naby jou bestemming. Kies hierdie knoppie om die tipe soektog na enige van die volgende te verander:
Hele kaart Kies hierdie opsie om jou huidige kaart in totaliteit te deursoek sonder om 'n perk op die radius te plaas. Jou huidige ligging vorm die middelpunt van die soektog. Die resultate word volgens raakresultate georden. |
|
Naby my Kies hierdie opsie om met jou huidige GPS-ligging as middelpunt te soek. Die resultate word volgens afstand georden. |
|
In dorp of stad Kies hierdie opsie om 'n dorp of stad as middelpunt vir jou soektog te gebruik. Jy sal die naam van die dorp of stad via die sleutelbord moet invoer. Wanneer jy die dorp of stad uit die lys resultate gekies het, kan jy vir 'n adres of PVB in daardie stad soek. |
|
Langs roete Wanneer 'n roete gekies is, kan jy hierdie opsie kies om langs jou roete vir 'n spesifieke ligging, soos 'n vulstasie, te soek. Wanneer jy gevra word, tik die tipe ligging in en kies dit dan uit die regterhandse kolom om die soektog uit te voer. |
|
Naby bestemming Wanneer 'n roete beplan is, kan jy hierdie opsie kies om jou bestemming as die middelpunt van jou soektog te gebruik. |
|
Breedtegraad Lengtegraad Kies hierdie opsie om 'n stel breedte-lengtegraadkoördinate in te voer. |
Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig.
Kies hierdie knoppie om getalle en simbole op jou sleutelbord te gebruik. Kies die =\<-knoppie om tussen die getalle en addisionele simbole te verwissel. Kies die ABC-knoppie om terug te gaan na die gewone sleutelbord.
Kies hierdie knoppie om jou sleutelbord na 'n ander taal te verander. Jy kan tot soveel as vier uitlegte uit die lys kies. Indien meer as een uitleg gekies is, kan jy via die sleutelborduitleg-knoppie 'n opwipkieslys oopmaak wat jou in staat sal stel om blitsig van sleutelborduitleg te verander. Druk en hou hierdie knoppie om direk na die lys van uitlegte te gaan.
Kies hierdie knoppie om te verwissel tussen die manier waarop resultate in 'n lys of op die skerm vertoon word.
Kies hierdie knoppie om die sleutelbord te versteek of te wys.
Wenk: Tik een keer op die "Shift"-sleutel om van die volgende letter wat jy intik 'n hoofletter te maak. Dubbeltik die "Shift"-sleutel om "Caps-Lock" te gebruik waar alle letters in bokas is. Kies die "Shift"-sleutel een keer om uit hoofletter-modus te gaan.
Wenk: Om 'n soektog te kanselleer, kies die kaart/leidingskerm-knoppie in die regterkantste boonste hoek van die skerm.