Gebruik gebare

Jy gebruik gebare om jou Trucker te beheer.

Die naslaangids verduidelik deurgaans watter gebare gebruik moet word, maar hier is 'n volledige lys van die gebare waarvan jy gebruik kan maak.

Dubbele tik

Raak met een vinger twee keer, kort na mekaar, aan die skerm.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om op die kaart in te zoem.

 

Sleep

Sit een vinger op die skerm en beweeg dit oor die skerm.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om deur die kaart te rol.

Veeg

Vee die punt van 'n enkele vinger oor die skerm.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om oor 'n groot afstand deur die kaart te rol.

Wenk: Vee is nie op alle toestelle beskikbaar nie.

Druk en hou

Hou een vinger vir langer as 0.5 sekondes op die skerm.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om die opwipkieslys vir 'n plek op die kaart oop te maak.

Knyp om te zoem

Raak aan die skerm met jou duim en 'n vinger. Beweeg hulle weg van mekaar om in te zoem of beweeg hulle na mekaar om uit te zoem.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om op die kaart in en uit te zoem.

Wenk: Knyp om te zoem is nie op alle toestelle beskikbaar nie. As knyp om te zoem nie op jou Trucker beskikbaar is nie, gebruik die zoem-knoppies om in en uit te zoem.

Tik of kies

Tik met een vinger op die skerm.

Gebruik dit, byvoorbeeld, om 'n item uit die Hoofkieslys te kies.

Wenk: Om 'n opwipkieslys vir 'n item op die kaart oop te maak, kies en hou die item totdat die kieslys oopmaak.