In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende navigasieknoppies is beskikbaar in die Hoofkieslys:
Soek |
Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek en kies dan Beplan 'n roete (Beplan 'n roete via kitssoek, Beplan 'n roete na 'n adres) na daardie ligging. |
Voeg Huis / Ry Huis toe by |
Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te stel. |
Ry Werk toe |
Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te stel. |
Onlangse bestemming |
Kies hierdie knoppie om 'n lys van jou onlangse bestemmings oop te maak. Kies 'n onlangse bestemming om 'n roete na daardie bestemming te beplan. |
Huidige roete |
Kies hierdie knoppie om jou beplande roete skoon te maak of te verander. |
My plekke |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys. |
My roetes |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes te wys. |
Parkering |
Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind. |
Vulstasie |
Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind. |
Rapporteer kamera |
Kies hierdie knoppie om 'n spoedkamera te rapporteer. |
Begin opname |
Kies hierdie knoppie om die opneem van 'n "track" te begin of te staak. |
Instellings |
Kies hierdie knoppie om die Hoofkieslys oop te maak. |