Beplan 'n roete na 'n adres

SLEGS KITSSOEK

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om via soek 'n roete na 'n adres te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Soek.

    Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.

  3. Gebruik die sleutelbord om die naam in te tik van die plek waarheen jy 'n roete wil beplan.

    Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.

    Jy kan na 'n adres, dorp, stad, poskode of kaartkode soek.

    Wenk: Om vir 'n spesifieke straat in die Verenigde Koninkryk of Nederland te soek, tik 'n poskode in, laat dan 'n spasie en tik die huisnommer in. Byvoorbeeld, 1017CT 35. Vir ander lande word poskodes op areas gegrond, en jy sal 'n lys met ooreenstemmende stede, dorpe en strate in jou soekresultate sien.

    Let wel: Wanneer gesoek word, word die hele kaart deursoek. As jy wil verander hoe die soektog gedoen moet word, kies die knoppie regs van die soekkassie. Jy kan dan verander waar die soektog uitgevoer moet word, soos langs die roete of in 'n stad.

  4. Namate jy die adres intik, word voorstelle in kolomme gewys gegrond op dit wat jy ingetik het. Jy kan aanhou tik of 'n voorstel kies.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.

    Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  5. Kies 'n voorgestelde adres.

  6. Voer die huisnommer in indien jy oor een beskik en dit nie reeds ingevoer het nie.

    As jy nie 'n huisnommer het nie, kies Voeg kruising by of Wys op kaart.

    Wenk: As jy 'n huisnommer intik wat nie gevind word nie, word die nommer in rooi gewys. Die naaste huisnommer wat gevind is, word in die Ry-knoppie gewys. Jy kan 'n nuwe huisnommer intik, of jy kan Ry kies om na die naaste huisnommer te ry

  7. Kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.