Vind 'n parkeerterrein

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om 'n parkeerterrein te vind, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Parkering.

    Die kaart maak oop en wys die liggings van parkeerterreine.

    As 'n roete beplan is, wys die kaart parkeerterreine naby jou bestemming. As 'n roete nie beplan is nie, wys die kaart parkeerterreine naby jou huidige ligging.

    Jy kan die skerm verander om 'n lys parkeerterreine te wys deur hierdie knoppie te druk:

    Jy kan 'n parkeerterrein uit die lys kies sodat jy dit op die kaart kan opspoor.

    Wenk: Jy kan deur die lys rol deur die rol-balk regs op die skerm te gebruik.

    Kies die knoppie regs van die soekkassie as jy wil verander hoe die soektog uitgevoer moet word. Jy kan dan verander waar die soektog uitgevoer moet word, soos 'n soektog naby jou of deur die kaart in geheel.

  3. Kies 'n parkeeterrein uit die kaart of lys.

    'n Opwipkieslys maak op die kaart oop wat die naam van die parkeerterrein wys.

  4. Kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: Jy kan via die opwipkieslys 'n parkeerterrein as 'n stilhouplek by jou roete voeg.