Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n vulstasie te vind, doen die volgende:
Die kaart maak oop en wys die liggings van vulstasies.
As 'n roete beplan is, wys die kaart vulstasies langs jou roete. As 'n roete nie beplan is nie, wys die kaart vulstasies naby jou huidige ligging.
Jy kan die skerm verander om 'n lys vulstasies te wys deur hierdie knoppie te druk:
Jy kan 'n vulstasie uit die lys kies sodat jy dit op die kaart kan opspoor.
Wenk: Jy kan deur die lys rol deur die rol-balk regs op die skerm te gebruik.
As jy die manier waarop die soektog gedoen word, wil verander, kies die knoppie regs van die soekkassie. Jy kan dan verander waar die soektog uitgevoer moet word, soos 'n soektog naby jou of deur die kaart in geheel.
'n Opwipkieslys maak op die kaart oop wat die naam van die vulstasie wys.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: Jy kan via die opwipkieslys 'n vulstasie as 'n stilhouplek by jou roete voeg. 'n Vulstasie wat 'n stilhouplek op jou roete is, het 'n blou ikoon.