Die roetebalk

Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het. 'n Bestemmingspaneel word bo-aan die balk vertoon, en onder daardie balk word simbole vertoon.

Belangrik: Om 'n wyer roetebalk te sien wat bykomende roete-inligting wys, verander die instelling vir Roete-inligting.

Let wel: Die afstand vorentoe wat deur die roetebalk gewys word, hang af van die totale lengte van jou roete.

Die bestemmingspaneel wys die volgende inligting:

  • Die beraamde tyd totdat jy by jou bestemming aankom.
  • Hoe lank dit gaan neem om vanaf jou huidige ligging tot by die bestemming te ry.
  • 'n Parkeerknoppie word naby die bestemmingsvlaggie gewys wanneer parkering naby jou bestemming beskikbaar is.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    As jy stilhouplekke langs jou roete het, kies hierdie paneel om tussen inligting oor die volgende stilhouplek en jou finale bestemming te wissel.

    Jy kan kies watter inligting jy op die bestemmingspaneel wil sien.

    Traffic-status - as jou Trucker nie enige verkeerinfo ontvang nie, verskyn 'n simbool met 'n kruisie deur verkeer onderaan die aankomsinligtingpaneel.

    Die balk gebruik simbole om die volgende inligting te wys:

  • Die volgende twee stilhouplekke op jou roete.

    Wenk: Om 'n stilhouplek blitsig te verwyder, kies dit in die roetebalk en gebruik die kieslys.

  • Vulstasies wat direk op jou roete is.
  • TomTom Traffic insluitend hewige reën of sneeu.
  • TomTom Spoedkameras en Gevaarsones
  • Rusplekke direk op jou roete.

    Jy kan kies watter inligting om op jou roete te sien.

    Die simbole is in die volgorde waarin hulle op jou roete voorkom. Vir verkeersinsidente wissel die simbool vir elke insident tussen 'n aanduiding van die tipe insident en hoe lank die vertraging in minute duur. Kies 'n simbool om meer inligting oor 'n stilhouplek, 'n insident of 'n spoedkamera te sien. As 'n simbool bo-oor 'n ander simbool gewys word, sal om die simbole te kies op die roetebalk inzoem om elke simbool afsonderlik te wys. Jy kan dan 'n simbool kies.

    Die totale tydsduur weens verkeersknope, die weer of ander insidente op jou roete, ingeslote inligting wat deur IQ Routes voorsien word, word bo-aan die simbole gewys.

    Vir 'n volledige lys van die tipes insidente, sien Verkeersinsidente.

Die onderkant van die roetebalk dui jou huidige ligging aan en wys die afstand na die volgende insident op jou roete. Voorts kan jy deur hierdie instelling aan te skakel, kies om die huidige tyd te sien.

Let wel: Om die roetebalk meer leesbaar te maak, word sommige insidente dalk nie vertoon nie. Hierdie insidente sal altyd van minder belang wees en slegs kort vertragings veroorsaak.

Die roetebalk wys ook statusboodskappe, soos Vind tans vinnigste roete... of Speel tans roetevoorskou....