Kies Aankomsinligting om die volgende instellings te verander:
Kies hierdie instelling om die oorblywende afstand van die reis gedurende navigasie in die bestemmingspaneel te wys.
Kies hierdie instelling om die oorblywende tydsduur van die reis gedurende navigasie in die bestemmingspaneel te wys.
Kies hierdie instelling om die outomatiese verwisseling tussen oorblywende afstand en oorblywende tydsduur in die bestemmingspaneel te beheer.
Gebruik hierdie instelling om te beheer of jy inligting oor die bestemming of die volgende stilhouplek in die bestemmingspaneel wil sien.
Wenk: Om uit te vind waar die verskillende panele in die leidingaansig of kaartaansig is, sien Wat's op die skerm.