Wanneer jy 'n roete beplan het, kies die 'Huidige roete'knoppie in die Hoofkieslys om die 'Huidige roete'-kieslys oop te maak.
Die volgende knoppies is beskikbaar in die 'Huidige roete'-kieslys:
Wis roete |
Kies hierdie knoppie om die huidig-beplande roete skoon te maak. Die 'Huidige roete'-kieslys maak toe en jy is terug in kaartaansig. |
Vind alternatief |
Jy sien hierdie knoppie wanneer jy 'n beplande roete het. Kies hierdie knoppie om tot soveel as drie alternatiewe roetes in die kaartaansig te wys. |
Vermy padblokkade |
Kies hierdie knoppie om 'n onvoorsiene hindernis te vermy wat jou roete belemmer.
|
Vermy tolpaaie en meer |
Kies hierdie knoppie om sekere tipes roetekenmerke te vermy op jou tans beplande roete. Hierdie sluit veerbote, tolpaaie en grondpaaie in. |
Wys instruksies |
Kies hierdie knoppie om 'n lys van draai-vir-draai-instruksies vir jou beplande roete te sien. Die instruksies sluit die volgende in:
|
Voeg stilhouplek by roete |
Kies hierdie knoppie om 'n stilhouplek by te voeg by die tans beplande roete. Jy kan ook direk via die kaart stilhouplekke by jou roete voeg. |
Voeg by My roetes |
As jy 'n nuwe roete beplan wat nog nie gestoor is nie, sien jy hierdie knoppie. Kies hierdie knoppie om hierdie roete as deel van jou lys van My roetes te stoor. |
Stoor veranderings na roete |
As jy 'n verandering aan 'n My roete maak, sien jy hierdie knoppie. Kies hierdie knoppie om die veranderings te stoor. |
Verander roetetipe |
Kies hierdie knoppie om die tipe roete te kies wat gebruik moet word om jou roete beplan. Jou roete sal herbereken word deur die nuwe tipe roete te gebruik. |
Herrangskik stilhouplekke |
Kies hierdie knoppie om die lys van stilhouplekke vir jou huidige roete te sien. Jy kan dan die volgorde van die stilhouplekke langs jou roete verander. Vir 'n roete sonder stilhouplekke kan jy hierdie knoppie kies om jou roete om te keer. |
Ry na roete |
Kies hierdie knoppie om 'n roete vanaf jou huidige ligging na die beginpunt van 'n My roete te beplan. Die beginpunt word na 'n stilhouplek verander. |
Speel voorskou van roete |
Kies hierdie knoppie om na 'n oorsig van jou beplande roete te kyk. |
Stop roetevoorskou |
Kies hierdie knoppie om 'n oorsig van jou beplande roete te stop. |