Kies Verander roetetipe om die tipe roete wat na jou huidige bestemming beplan is, te verander. Jou roete sal herbereken word deur die nuwe tipe roete te gebruik.
Jy kan die volgende tipe roetes kies:
Vinnigste roete - die vinnigste roete na jou bestemming. Jou roete word konstant gekontroleer deur die verkeerstoestande in ag te neem.
Kortste roete - die kortste roete na jou bestemming. Dit kan dalk baie langer as die vinnigste roete neem.
Ekovriendelikste roete - die brandstofdoeltreffendste roete.
Vermy snelweë - hierdie tipe roete vermy alle snelweë.
Staproete - hierdie tipe roete is die beste vir stap.
Fietsroete - hierdie tipe roete is die beste vir fietse.
Jy kan die verstekroetetipe in dieInstellings-kieslys instel.