Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n alternatiewe roete te vind, doen die volgende:
Tot soveel as drie alternatiewe roetes word in die kaartaansig gewys. Elke alternatiewe roete wys die verskil in reistyd in 'n borrel.
Wenk: Inligting vanaf die Lifetime Traffic-diens word gebruik wanneer alternatiewe roetes bereken word. Enige roete wat tydsgewys 50% langer sal duur as die oorspronklike roete word nie gewys nie.

Let wel: Jy kan ook alternatiewe roetes vind deur Huidige roete in die hoofkieslys te kies, gevolg deur Vind alternatief.