Ander knoppies

In die kaart- of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.

Die volgende knoppies is in die Hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens die navigasieknoppies:

Kies hierdie knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.

Kies hierdie knoppie om die Hulpkieslys oop te maak. Die Hulpkieslys bevat 'n begeleide toer en inligting oor jou GO.

Kies hierdie knoppie om na die vorige skerm terug te gaan.

Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig.

Hierdie simbool wys die status van die Bluetooth-verbinding wanneer jy 'n slimfoon gebruik ommet TomTom-dienste te verbind.

Hierdie simbool wys die oorblywende krag in jou toestel se battery.

Hierdie simbool wys dat jou toestel met TomTom-dienste verbind is.

Hierdie simbool wys dat jou toestel nie met TomTom-dienste verbind is nie.

Kies hierdie knoppie om stemleiding af te skakel. Jy sal nie meer gesproke roete-instruksies hoor nie, maar jy sal steeds inligting soos verkeersinligting en waarskuklanke hoor.

Wenk: Jy kan kies watter tipe instruksies jy wil hoor. Kies Stemme in die Instellingskieslys en kies watter instruksies jy wil hoor.

Kies hierdie knoppie om stemleiding aan te skakel.

Kies hierdie knoppie om die helderheid van die skerm te verminder en die kaart in donkerder kleure te vertoon.

Wanneer jy snags bestuur of deur 'n donker tonnel ry, is dit makliker om die skerm te bekyk en minder steurend vir die bestuurder as die skerm se helderheid verdof word.

Wenk: Jou toestel wissel outomaties tussen dag- en nagkleure na gelang van hoe laat dit is. Om hierdie funksie af te skakel, kies Voorkoms in die Instellingskieslys en skakel Skakel oor na nagkleure af.

Kies hierdie knoppie om die helderheid van die skerm te verhoog en die kaart in helderder kleure te vertoon.