Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.
Op hierdie skerm kan jy hierdie instellings verander:
Kies hierdie instelling om die toestel outomaties na nagkleure te laat oorskakel wanneer dit donker word.
Kies hierdie instelling om die volskerm-voorskou te beheer wanneer jy afritte op snelweë nader.
By verstek is outomatiese verandering van aansigte aangeskakel. Dit beteken, byvoorbeeld, dat die toestel die kaartaansig wys wanneer 'n alternatiewe roete voorgestel word, tesame met verskeie ander stelle omstandighede. Voorts beteken dit dat die toestel ook die leidingaansig wys wanneer jy begin ry en begin spoed optel. Kies hierdie instelling as jy outomatiese verwisseling tussen leidingaansig en kaartaansig wil afskakel.
Kies hierdie instelling om tussen 3D- of 2D-weergawes van die leidingaansig te kies. Beide die 2D- en 3D-leidingaansig beweeg in die rigting waarin jy reis.