Die kaartaansig word gewys wanneer jy geen beplande roete het nie. Jou werklike ligging word gewys sodra jou toestel jou GPS-ligging gevind het.
Jy kan die kaartaansig op dieselfde manier bekyk as waarop jy 'n tradisionele gedrukte kaart sou bekyk. Jy kan in die kaart rondbeweeg deur gebare te gebruik en zoem deur die zoem-knoppies te gebruik.
Belangrik: Alles op die kaart is interaktief met in begrip van die roete- en kaartsimbole - kies gerus enige van hierdie en hou die resultate dop!
Wenk: Om 'n opwipkieslys vir 'n item op die kaart oop te maak, soos 'n roete of 'n PVB, kies die item om die kieslys oop te maak. Om 'n ligging op die kaart te kies, kies en hou die ligging totdat die opwipkieslys oopmaak.
Die kaart wys jou huidige ligging en baie ander liggings soos jou My plekke-liggings.
As jy nie 'n roete beplan het nie, is die kaart uitgezoem om die area rondom jou ligging te wys.
As jy 'n roete beplan het, word jou volledige roete op die kaart gewys. Jy kan direk via die kaart stilhouplekke by jou roete voeg. Wanneer jy begin ry, word die leidingaansig gewys.
Let wel: As jou navigasietoestel nie jou ligging via GPS of 'n ander metode kan vind nie, verskyn die simbool in grys.
Kies 'n kaartsimbool om die opwipkieslys oop te maak, en kies dan die kieslys-knoppie om 'n lys te sien van die handelinge wat jy kan uitvoer.
Let wel: Verkeerinfo is slegs beskikbaar as jou TomTom GO-toestel TomTom Traffic het.