Wat is voorgestelde bestemmings?
Jou TomTom Trucker kan jou daaglikse bestuursgewoontes na gestoorde gunsteling plekke aanleer en dit kan voorstelle maak oor waarheen jy wil ry soos, byvoorbeeld, wanneer jy die toestel soggens vanaf onaktiewe modus aanskakel met die doel om na jou Werkplek te ry.
Wees gerat vir voorgestelde bestemmings
Voordat hy dit die eerste keer kan waag om 'n bestemming voor te stel, moet jou toestel 'n tydjie gegun word om jou gewoontes aan te leer. Hoe meer gereeld jy met jou TomTom Trucker ry, hoe vinniger sal hy voorstelle maak en hoe akkurater sal daardie voorgestelde bestemmings wees.
Om voorgestelde bestemmings te ontvang, moet jy die volgende doen:
Gebruik voorgestelde bestemmings
Belangrik: As jou toestel stembeheer het, kan jy Ja of Nee sê of die Ja- of Nee-knoppie kies. As jou toestel nie stembeheer het nie, kies die Ja- of Nee-knoppie.
Sou jou toestel vra "Op pad na X?", waar X 'n bestemming is, het jy 12 sekondes om ja of nee te antwoord.
Wenk: As jy nie ja of nee antwoord nie, aanvaar jou Trucker dis ja.
As jy ja kies, beplan jou toestel 'n roete na jou bestemming. As jou antwoord nee is, kan jy in plaas daarvan uit 'n lys gestoorde plekke of onlangse bestemmings kies.
So nie, as jou toestel vra "Waarheen wil jy gaan?", kan jy onmiddellik uit 'n lys gestoorde plekke en onlangse bestemmings kies.
Aan- en afskakel van voorgestelde bestemmings
Jy kan voorgestelde bestemmings op enige tydstip aan- of afskakel. Sien Roetebeplanning en stembeheer (as jou toestel stembeheer het) vir inligting oor hoe om hierdie kenmerk aan of af te skakel.