Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.
Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Stembeheer.
Kies hierdie instelling om stembeheer te begin wanneer jy die "word wakker"-frase sê. By verstek is die "word wakker"-frase "Hello TomTom", maar jy kan jou eie "word wakker"-frase maak.
Gebruik hierdie instelling om jou eie "word wakker"-frase te maak.
Gebruik hierdie instelling om die vermoë om 'n alternatiewe roete te aanvaar deur jou stem te gebruik, te beheer. Wanneer 'n alternatiewe roete jou tyd kan bespaar, word die aantal minute ook gesê en nie net op die skerm gewys nie.
Gebruik hierdie instelling om te reël of stembeheer gebruik word om voorgestelde bestemmings beide aan te bied en te aanvaar. As hierdie instelling afgeskakel is, word stembeheer nie vir voorgestelde bestemmings gebruik nie.
Wenk: Wanneer Stel bestemmings voor in Instellings > Roetebeplanning afgeskakel is, word hierdie opsie nie aangebied nie.