Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Roetebeplanning.
Stel bestemmings voor
Wanneer geen roete beplan is nie, kan jou toestel jou daaglikse bestuursgewoontes na gestoorde gunsteling plekke aanleer en ook bestemmings voorspel wanneer jy die toestel vanaf onaktiewe modus begin, soos om soggens werk toe ry.
Skakel aan om voorgestelde bestemmings te ontvang of skakel hierdie kenmerk af as jy nie wil hê dat bestemmings voorgestel moet word nie.
Let wel: Jy moet Hou reisplangeskiedenis op hierdie toestel vir opsionele kenmerke aanskakel in Instellings > Stelsel > Jou inligting en privaatheid om hierdie kenmerk te sien.
Wanneer 'n vinniger roete beskikbaar is
As 'n vinniger roete gevind word terwyl jy bestuur, kan TomTom Traffic jou reis herbeplan ten einde die vinniger roete te gebruik. Kies uit die volgende opsies:
Beplan altyd hierdie tipe roete
Die tipe roetes waaruit jy kan kies, is as volg:
Let wel: Slingerroetes is slegs beskikbaar op TomTom Rider-toestelle.
Vermy op elke roete
Jy kan kies om veerbote en pendeltreine vir motors, tolpaaie, saamryklubbane en grondpaaie te vermy. Stel hoe jou Trucker elk van hierdie vier padkenmerke moet beheer wanneer die toestel 'n roete bereken.
Saamryklubbane staan soms as hoëbesettingslane ("High-occupancy Vehicle Lanes" of HOV) bekend en word nie in alle lande aangetref nie. Om hierdie bane te gebruik, moet daar byvoorbeeld meer as een persoon in jou voertuig wees, of dit mag nodig wees dat die voertuig omgewingsvriendelike brandstof gebruik.