Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.
Kies Bestemmingsinligting om die bestemmingsinligting wat jy in die roetebalk sien, te verander.
Kies Roete-inligting om die roete-inligting wat jy in die roetebalk sien, te verander.
Wys huidige tyd
Kies hierdie instelling om die huidige tyd in die leidingaansig te wys. Wanneer aangeskakel, word die huidige tyd onderaan die roetebalk gewys.
Wys wye roetebalk indien moontlik
Die wye roetebalk word nie by verstek gewys nie. Jy kan hierdie instelling kies om die wye roetebalk in die leidingaansig aan te skakel.
Let wel: Die wye roetebalk kan net gewys word as die skerm wyd genoeg is.
Wanneer die wyer roetebalk gewys word, sien jy meer inligting oor jou roete. Jy sien, byvoorbeeld, die tyd en afstand na verkeersopeenhopings en meer.