In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende navigasieknoppies is beskikbaar in die Hoofkieslys:
Let wel: Alle kenmerke werk nie noodwendig op alle toestelle nie.
Soek |
Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek en kies dan Beplan 'n roete (Beplan 'n roete via kitssoek, Beplan 'n roete na 'n adres) na daardie ligging. |
Beplan 'n sensasie |
Kies hierdie knoppie om 'n sensasionele rit te beplan óf as 'n kringroete óf na 'n bestemming. |
My roetes |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes, opgeneemde roetes en ingevoerde roetes te wys. |
Voeg Huis by Ry Huis toe |
Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te stel. |
Voeg werkplek by Ry Werk toe |
Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te stel. |
Huidige roete / Huidige "Track"
|
Kies hierdie knoppie om jou beplande roete of "track" te wis of te verander. |
Bel |
Kies hierdie knoppie om handvry-oproepe te maak via jou foon of kopfoon. As jou foon en kopfoon nie verbind is nie, word jy gevra om hulle te verbind. |
Begin opname |
Kies hierdie knoppie om die opneem van 'n "track" te begin of te staak. |
My plekke |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys. |
Parkering |
Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind. |
Vulstasie |
Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind. |
Verbinde dienste |
Kies hierdie knoppie om die status van jou verbinding met die internet te sien. |
Ritstatistiek |
Kies hierdie knoppie om ritstatistiek te sien oor hoe ver jy gery het, hoe lank jy reeds ry, en ook teen watter spoed.
|