Jy kan die "Beplan 'n sensasie"-knoppie gebruik om interessante ritte daar en dan te beplan. Dit is veral handig vir daardie dag wanneer jy 'n bietjie ekstra tyd het en bloot na 'n eenvoudige manier soek om 'n sensasionele rit te skep.
'n Sensasionele roete is 'n rit wat interessante of uitdagende paaie insluit en so min as moontlik van snelweë gebruik maak. Jy kan kies watter vlak van draaie by jou rit ingesluit moet word, en ook hoe heuwelagtig dit moet wees.
Wenk: Aangesien Beplan 'n sensasie ten doel het om kitsroetes te skep, kan sensasionele roetes nie in My roetes gestoor word nie.
Wenk: Sensasionele roetes is by verstek kringroetes, maar jy kan 'n roete na 'n bestemming plan as jy wil.