Jy kan inkomende oproepe ontvang en oproepe maak na kontakte in jou foon se kontaktelys en na jou onlangse kontakte. Wanneer jy jou foon met jou TomTom Rider verbind, word jou kontakte op jou Rider gewys.
Om handvry-oproepe te maak, moet jy eers jou kopfoon en jou foon verbind met jou Rider.
Beantwoord 'n inkomende oproep
Op die skerm, kies die groen knoppie om 'n oproep te beantwoord.
Wenk: Dit gaan 'n rukkie neem om al die kontakte op jou foon te sinchroniseer. Daarom sal jy dalk nie die inbeller se ID sien kort nadat jy hierdie instelling geaktiveer het nie.
Beëindig of wys 'n inkomende oproep van die hand
Op die skerm, kies die rooi knoppie om 'n oproep te beëindig of van die hand te wys.
Maak 'n handvry-oproep na 'n onlangse kontak
'n Lys van jou onlangse kontakte word op jou Rider gewys.
Jou kontak en die foonnommer word op jou Rider gewys.
Maak 'n handvry-oproep na 'n kontak
'n Lys van jou foonkontakte word op jou Rider gewys.
Jou lys van kontakte word op jou Rider gewys.
Let wel: 'n Soektog vind slegs die eerste gedeelte van 'n woord of naam; byvoorbeeld "jonker" sal "jonkershoek" vind maar nie "strooijonker" nie.
Jou kontak en die foonnommer word op jou Rider gewys.