As jy nie via WiFi met die internet kan verbind nie, kan jy bywerkings en nuwe items installeer deur 'n USB-verbinding met 'n rekenaar te gebruik.
Terwyl jou toestel verbind is, kan jy ook via TomTom MyDrive sinchroniseer.
Om via USB met die internet te verbind, doen die volgende:
MyDrive Connect begin outomaties en deel jou rekenaar se internet met jou toestel.
Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel VIA voorsien is. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.
Let wel: Jy kan nie die hegstuk gebruik om jou VIA aan jou rekenaar te koppel nie.
Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.