'n Rooi uitroepteken in die instellingsknoppie wys dat bywerkings of nuwe items beskikbaar is.
Wenk: Wanneer jy 'n nuwe kaart byvoeg, kan 'n aanbod om die stelselsagteware by te werk ook gemaak word.
Die volgende bywerkings of nuwe items kan aangebied word:
Bywerkings van die stelselsagteware
'n Stelselsagtewarebywerking is 'n sagtewarebywerking vir die toestel self. Jy sien 'n verduideliking oor waarom die bywerking verlang word en watter kenmerke verander het of bygevoeg gaan word, indien enige.
As jy vir 'n ruk lank nie jou toestel gebruik het nie, kan jy gevra word om 'n verlangde sagtewarebywerking te installeer wanneer jy jou toestel weer gebruik. As jy nie die bywerking installeer nie, kan die volgende probleme opduik:
Kaartbywerkings
Wanneer 'n kaartbywerking aangebied word, installeer dit so gou as moontlik sodat jy altyd met die jongste kaart ry.
Die bestaande kaart word geskrap voordat die kaartbywerking geïnstalleer word. As jy 'n kaartbywerking kanselleer, sal jy nie meer die kaart op jou VIA hê nie. As dit gebeur, gaan na Kaarte in die Instellingskieslys en laai die kaart weer af.
Map Share-kaartbywerkings
Hierdie bywerkings word geskep vanuit veranderings wat deur ander TomTom-gebruikers gemaak en gedeel is en bevat die volgende veranderings of bywerkings:
Vir meer inligting, sien Map Share.
Spoedkamera-bywerkings
Wanneer 'n spoedkamerabywerking aangebied word, kan jy kies watter lande op jou kaart bygewerk moet word.
Stemme
Nuwe stemme kan ook as 'n bywerking aangebied word.