Kleiner knoppies en simbole

In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.

Die volgende knoppies en simbole is beskikbaar op die hoofkieslys-skerm, benewens die navigasieknoppies en kitsinstellings:

Kies hierdie knoppie om die Hulpkieslys oop te maak. Die Hulpkieslys bevat hulp oor hoe om jou TomTom Rider te gebruik, tesame met ander inligting oor jou toestel, soos kaartweergawe, die toestel se reeksnommer en regsinligting.

Kies hierdie knoppie om die knoppies in die Hoofkieslys te herrangskik.

Kies hierdie knoppie om na die vorige skerm terug te gaan.

Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig.

Hierdie simbool wys die status van die Bluetooth-verbinding met jou foon.

Hierdie simbool wys die oorblywende krag in jou TomTom Rider se battery.

Hierdie simbool wys dat jou TomTom Rider met Traffic verbind is.

Hierdie simbool wys dat jou TomTom Rider nie met Traffic verbind is nie.

Hierdie simbool wys dat jou TomTom Rider met MyDrive verbind is.

Hierdie simbool wys dat jou TomTom Rider nie met MyDrive verbind is nie.

Hierdie simbool wys dat jou toestel via Wi-Fi met die internet verbind is.

Hierdie simbool wys dat jou toestel nie via Wi-Fi met die internet verbind is nie.