Navigasieknoppies

In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.

Die volgende navigasieknoppies is beskikbaar in die Hoofkieslys:

Let wel: Alle kenmerke werk nie noodwendig op alle toestelle nie.

Soek

Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek en kies dan Beplan 'n roete na daardie ligging.

Beplan 'n sensasie

Kies hierdie knoppie om 'n sensasionele rit te beplan óf as 'n kringroete óf na 'n bestemming.

My roetes

Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes, opgeneemde roetes en ingevoerde roetes te wys.

Voeg Huis by

Ry Huis toe

Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te stel.

Voeg werkplek by

Ry Werk toe

Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te stel.

Huidige roete / Huidige "Track"

Kies hierdie knoppie om jou beplande roete of "track" te wis of te verander.

Begin opname

Kies hierdie knoppie om die opneem van 'n "track" te begin of te staak.

My plekke

Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys.

Parkering

Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind.

Vulstasie

Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind.

Ritstatistiek

Kies hierdie knoppie om ritstatistiek te sien oor hoe ver jy gery het, hoe lank jy reeds ry, en ook teen watter spoed.

 

Instellings

Kies hierdie knoppie om Instellings te verander.

Tip: To access settings and the status of your services quickly, select the menu bar at the top of the main menu. In portrait mode, you can also tap the icons down the right hand side.