Kitsinstellings maak dit makliker vir jou om 'n reeks instellings te gebruik wanneer jy handskoene dra.
Om kitsinstellings te gebruik, kies die kitsinstellingsknoppie in die hoofkieslys, die kaartaansig of die leidingaansig.
Jy sien 'n skerm met groot knoppies en 'n volumebeheer:
Hierdie knoppie wys dat jy gesproke instruksies sal hoor. Kies die knoppie om stemleiding af te skakel. Jy sal nie meer gesproke roete-instruksies hoor nie, maar jy sal steeds inligting soos verkeersinligting en waarskuklanke hoor. Wenk: Jy kan kies watter tipe instruksies jy wil hoor. Kies Stemme in die Instellingskieslys en kies watter instruksies jy wil hoor. |
|
Hierdie knoppie wys dat jy nie gesproke instruksies sal hoor nie. Kies hierdie knoppie om stemleiding aan te skakel. |
|
Hierdie knoppie wys dat die aansig dagkleure gebruik. Kies die knoppie om die helderheid van die skerm te verminder en die kaart in donkerder kleure te vertoon. Wanneer jy snags bestuur of deur 'n donker tonnel ry, is dit makliker om die skerm te bekyk en minder steurend vir die bestuurder as die skerm se helderheid verdof word. Wenk: Jou toestel wissel outomaties tussen dag- en nagkleure na gelang van hoe laat dit is. Om hierdie kenmerk af te skakel, kies Voorkoms in die Instellings-kieslys en skakel Skakel oor na nagkleure as dit donker is af. |
|
Hierdie knoppie wys dat die aansig nagkleure gebruik. Kies die knoppie om die helderheid van die skerm te verhoog en die kaart in helderder kleure te vertoon. |
|
Hierdie knoppie wys dat jy wel boodskappe gaan ontvang. Kies hierdie knoppie as jy vir die duur van jou huidige sessie sou verkies om boodskappe af te skakel. Wenk: Jy kan boodskappe ook permanent aan- of afskakel deur van die Bluetooth-instellingskieslys gebruik te maak. |
|
Hierdie knoppie wys dat jy geen boodskappe gaan ontvang nie. Kies hierdie knoppie as jy boodskappe vir jou huidige sessie weer wil aanskakel. Wenk: Jy kan boodskappe ook permanent aan- of afskakel deur van die Bluetooth-instellingskieslys gebruik te maak. |
|
Wanneer handskoene gedra word, kies die plus- (+) en minus- (-) knoppies onderaan die volumeskuiwer om die volume te verander, eerder as om die skuiwer met handskoene aan te probeer skuif. Belangrik: Wanneer 'n kopfoon gebruik word, sal die volumebeheer dalk nie beskikbaar wees nie omdat jou kopfoon nie met afstandsbeheerde volumebeheer werk nie. As dit die geval is, gebruik die volumebeheer-knoppie op die kopfoon self om die volume te verander. |