Jy kan persoonlike lêers, byvoorbeeld PVB-lyste, foto's of musieklêers, na die TomTom BRIDGE se interne geheue oordra. Sodoende kan jy apps op die toestel gebruik om PVB's en foto's te bekyk of musiek te speel.
Jy kan ook lêers vanaf die TomTom BRIDGE se interne geheue na jou rekenaar oordra.
Let wel: Nie alle lêertipes kan deur die toestel oopgemaak word nie.
Let wel: Jy kan lêers oordra vanaf 'n rekenaar waarop een van die volgende bedryfstelsels loop:
- Windows 7 of hoër
- Apple OS X 10.5 of hoër
- Sommige Linux-uitreikings van weergawe 14.04 of hoër.
Om lêers oor te dra, doen die volgende:
Let wel: Jy kan nie die hegstuk gebruik om jou toestel aan jou rekenaar te koppel nie.
Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.
Vir die TomTom BRIDGE-naaf, gebruik die swart USB-poort en 'n USB-kabel om die toestel aan jou rekenaar te koppel. Hierdie is poort K wat hier gewys word: Meer oor jou TomTom BRIDGE-naaf.
Jou TomTom BRIDGE word in jou rekenaar se lêerstelsel as TomTom Bridge gewys.
Wenk: Om die toestel georden te hou, kopieer die lêers na 'n vouer met 'n gepaste naam. Kopieer, byvoorbeeld, jou musieklêers na die musiekvouer.
Wenk: Jy kan al die lêers wat jy na die TomTom BRIDGE gekopieer het, verwyder deur jou persoonlike data te wis.