Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n roete te beplan deur die kaart te gebruik, doen die volgende:
Wenk: Jy kan ook 'n kaartsimbool kies om die opwipkieslys oop te maak. Kies dan die Ry-knoppie om 'n roete na daardie ligging te beplan
'n Opwipkieslys wys die naaste adres.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: Jy kan deur die opwipkieslys-knoppie te kies, die ligging wat jy gekies het op ander maniere gebruik, soos om dit by My plekke te voeg.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.
Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.
Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.