Die leidingaansig word gebruik om jou langs die roete na jou bestemming te lei. Die leidingaansig wys wanneer jy begin ry. Jy sien jou huidige ligging en details langs jou roete, waaronder 3D-geboue in sommige stede.
Die leidingaansig is normaalweg in 3D. Om 'n 2D-kaart te wys met die kaart wat in die rigting beweeg waarin jy reis, verander die 2D- en 3D-verstekinstellings.
Wenk: As jy 'n roete beplan het en die 3D-leidingaansig word gewys, kies die aansig-knoppie om na die kaartaansig te verander en die interaktiewe funksies te gebruik.
Aansig-knoppie. Tik die aansig-knoppie om van die kaartaansig na die leidingaansig te verwissel.
Zoem-knoppies. Kies die zoem-knoppies om in en uit te zoem.
Wenk: Op die meeste toestelle kan jy ook knyp om in en uit te zoem.
Instruksiepaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:
Roetesimbole Simbole word op jou roete gebruik om jou beginligging, jou stilhouplekke en jou bestemming te wys.
Hoofkieslys-knoppie Kies die knoppie om die Hoofkieslys te wys.
Spoedpaneel Hierdie paneel wys die volgende inligting:
Die spoedgrens by jou ligging.
Jou huidige spoed. As jy meer as 5 km/h of 3 mpu oor die spoedgrens ry, verander die roetebalk na rooi. As jy minder as 5 km/h of 3 mpu oor die spoedgrens ry, verander die roetebalk na oranje.
Die naam van die straat waarin jy ry.
Die knoppie om spoedkameras en risiko-sones te rapporteer.
Huidige ligging. Hierdie simbool wys jou huidige ligging. Kies die simbool of die spoedpaneel om die kitskieslys oop te maak.
Let wel: As jou TomTom BRIDGE nie jou ligging kan vind nie, word die simbool in grys gewys.
Let wel: Jy kan nie die "huidige ligging"-simbool verander nie.
Roetebalk Die roetebalk wys wanneer jy 'n roete beplan het.