Meer oor kaartkodes

SLEGS KITSSOEK

In lande waar paaie en huise geen name of adresse het nie, kan jy 'n kaartkode in die plek daarvan gebruik. 'n Kaartkode verteenwoordig 'n ligging.

Elke ligging op Aarde, met inbegrip van daardie op see soos eilande en oliebore, kan deur 'n kaartkode verteenwoordig word. Kaartkodes is kort en maklik om te herken, te onthou en te kommunikeer. Hulle is eksak tot op 'n paar meter, wat voldoende is vir alledaagse gebruik.

Gaan na mapcode.com vir instruksies oor hoe om die kaartkode vir 'n ligging te vind.

Kaartkodes is meer eksak en buigsaam as die adres op 'n visitekaartjie. Jy kan 'n ligging kies wat jy met jou adres wil assosieer, byvoorbeeld die hoofingang of die ingang tot 'n parkeerterrein.