Meer oor poskodes

Wanneer 'n soektog met gebruik van poskodes uitgevoer word, sal jou resultate afhang van die tipe poskode wat gebruik word in die land waarbinne jy soek.

Die volgende tipes poskodes word gebruik:

Poskodes vir strate

Lande soos Nederland en die Verenigde Koninkryk gebruik hierdie tipe poskode. Wanneer jy via hierdie tipe poskode soek, tik die poskode in, laat dan 'n spasie en tik dan, ideaalgesproke, die huisnommer in. Byvoorbeeld, "1017CT 35". Jou toestel beplan dan 'n roete na 'n spesifieke huis of gebou op 'n spesifieke straat.

Poskodes vir areas

Lande soos Duitsland, Frankryk en België gebruik hierdie tipe poskode. As jy via 'n poskode na 'n area soek, sluit die soekresultate alle strate in 'n stadsdistrik, die hele dorp of dorpies binne die omvang van daardie poskode in.

As jy kitssoek gebruik en 'n poskode vir 'n area intik, gaan jy dalk resultate vir meer as een land kry.

Let wel: As jy soek deur 'n poskode vir 'n area te gebruik, sal jou resultate nie 'n spesifieke adres oplewer nie.

Nogtans is hierdie tipe poskodes steeds van groot hulp om die getal soekresultate te verminder. 'n Soektog vir Neustadt in Duitsland sal 'n lang lys van moontlike resultate oplewer. Deur 'n spasie in te tik, gevolg deur die area se poskode, sal die soektog beperk word tot die Neustadt waarna jy soek.

Nog 'n voorbeeld sou wees, wanneer jy in 'n stad wil soek, tik 'n poskode vir 'n area in en kies die middestad waarna jy soek uit die resultate.