Beplan via "soek aanlyn" 'n roete na 'n PVB

SLEGS KITSSOEK

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Let wel: Aanlynsoektogte is slegs beskikbaar op verbinde toestelle. Om aanlyn op jou TomTom BRIDGE te soek, moet jy met TomTom-dienste verbind wees.

As jy 'n PVB-soektog gedoen het maar nie die PVB kon vind waarna jy soek nie, kan jy TomTom Places aanlyn deursoek. Om PVB's te vind deur aanlyn te soek, doen die volgende:

  1. Soek vir 'n PVB deur Soek in die hoofkieslys te gebruik.

    Jou soekresultate word in twee kolomme gewys.

  2. Kies Soek Places aanlyn.
  3. Gebruik die sleutelbord om die naam in te tik van die PVB wat jy wil vind en druk dan die Soek-knoppie op die sleutelbord.

    Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.

    Jy kan vir 'n tipe PVB (Plek van belang) soos 'n restaurant of besienswaardigheid soek. So nie kan jy na 'n spesifieke PVB soek, byvoorbeeld "Rosie's Pizzeria".

    Let wel: Wanneer jy soek, kan jy naby jou huidige ligging, in 'n dorp of stad, of naby jou bestemming soek. As jy wil verander hoe die soektog uitgevoer moet word, kies die knoppie regs van die soekkassie.

    Jou soekresultate word in 'n kolom gewys.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.

    Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  4. Kies 'n individuele PVB uit die lys.

    Die ligging word op die kaart gewys.

  5. Om meer inligting oor die PVB te sien, kies die PVB op die kaart en kies dan die opwipkieslys-knoppie. Kies Meer inligting op die opwipkieslys.

    Jy sien meer inligting oor die PVB soos die telefoonnommer, volledige adres en e-pos.

  6. Om 'n roete na hierdie bestemming te beplan, kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.