Meer oor TomTom-dienste

TomTom-dienste gee jou intydse inligting oor verkeer en spoedkameras of gevaarsones op jou roete. Om jou te help om verkeersvertragings te vermy en vinniger by jou bestemming te kom, kan jy TomTom-dienste selfs gebruik op die roetes wat jy elke dag ry.

Om TomTom-dienste op jou TomTom BRIDGE te kry, verbind jou TomTom BRIDGE met 'n netwerk.

Let wel: TomTom-dienste is nie in alle lande of streke beskikbaar nie, en nie alle dienste is in alle lande of streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste in elke streek, gaan na tomtom.com/services.