Beplan 'n roete na 'n PVB

SLEGS KITSSOEK

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om 'n roete na 'n tipe PVB of 'n spesifieke PVB (plek van belang) te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Soek.

    Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.

  3. Gebruik die sleutelbord om die naam in te tik van die plek waarheen jy 'n roete wil beplan.

    Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.

    Jy kan vir 'n tipe PVB (Plek van belang) soos 'n restaurant of besienswaardigheid soek. So nie kan jy na 'n spesifieke PVB soek, byvoorbeeld "Rosie's Pizzeria".

    Let wel: Wanneer gesoek word, word die hele kaart deursoek. As jy wil verander hoe daar gesoek word, kies die "tipe soektog"-knoppie en kies dan 'n soekopsie.

  4. Namate jy tik, word voorstelle in kolomme gewys gegrond op dit wat jy ingetik het. Jy kan aanhou tik of 'n voorstel kies.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.

    Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  5. Kies 'n PVB-tipe of 'n individuele PVB. As jy 'n PVB-tipe gekies het, kies 'n PVB.

    Die ligging word op die kaart gewys.

  6. Om meer inligting oor die PVB te sien, kies die PVB op die kaart en kies dan die opwipkieslys-knoppie. Kies Meer inligting op die opwipkieslys.

    Jy sien meer inligting oor die PVB soos die telefoonnommer, volledige adres en e-pos.

  7. Om 'n roete na hierdie bestemming te beplan, kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.