Invoer van soekvoorwaardes

As geen roete beplan is nie, kan jy 'n soektog begin deur 'n naam of adres bo-aan die skerm in te tik.

So nie, kies Soek in die Hoofkieslys om na adresse en PVB's te begin soek. Die soekskerm maak oop en wys die toestel se sleutelbord en die volgende knoppies:

Wenk: Versteek die toestel se sleutelbord om die hele soekskerm te sien.

  1. Terug-knoppie

    Kies hierdie knoppie om terug te gaan na die vorige skerm.

  2. Soek-insetkassie

    Voer jou soekvoorwaardes hier in. Terwyl jy tik, word ooreenstemmende adresse en PVB's gewys.

    Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.

    Wenk: Om te redigeer, kies 'n woord wat jy reeds ingetik het om die loper te posisioneer. Hierna kan jy karakters invoeg of skrap.

  3. Tipe soektog.

    By verstek word die hele kaart deursoek. Sodra jy soek gebruik het, word die laaste tipe soektog waarvan jy gebruik gemaak het, gebruik. Kies hierdie knoppie om die tipe soektog na enige van die volgende te verander:

    Hele kaart

    Kies hierdie opsie om jou huidige kaart in totaliteit te deursoek sonder om 'n perk op die radius te plaas. Jou huidige ligging vorm die middelpunt van die soektog. Die resultate word volgens raakresultate georden.

    Naby my

    Kies hierdie opsie om met jou huidige GPS-ligging as middelpunt te soek. Die resultate word volgens afstand georden.

    In dorp of stad

    Kies hierdie opsie om 'n dorp of stad as middelpunt vir jou soektog te gebruik. Jy sal die naam van die dorp of stad via die sleutelbord moet invoer. Wanneer jy die dorp of stad uit die lys resultate gekies het, kan jy vir 'n adres of PVB in daardie stad soek.

    Langs roete

    Wanneer 'n roete gekies is, kan jy hierdie opsie kies om langs jou roete vir 'n spesifieke ligging, soos 'n vulstasie, te soek. Wanneer jy gevra word, tik die tipe ligging in en kies dit dan uit die regterhandse kolom om die soektog uit te voer.

    Naby bestemming

    Wanneer 'n roete beplan is, kan jy hierdie opsie kies om jou bestemming as die middelpunt van jou soektog te gebruik.

    Breedtegraad Lengtegraad

    Kies hierdie opsie om 'n stel breedte-lengtegraadkoördinate in te voer.

  4. Aansig-knoppie

    Kies hierdie simbool om terug te gaan na die kaartaansig of leidingaansig.

  5. /Lys/kaart-knoppie

    Kies hierdie knoppie om te verwissel tussen die manier waarop resultate in 'n lys of op die skerm vertoon word.

  6. Wys/versteek sleutelbordknoppie

    Kies hierdie knoppie om die sleutelbord te wys. Versteek die sleutelbord deur die toestel se terug-funksie te gebruik.

    Wenk: Om 'n soektog te kanselleer, kies die kaart/leidingskerm-knoppie in die regterkantste boonste hoek van die skerm.