Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.
Op hierdie skerm kan jy hierdie instellings verander:
Kies Aansig om jou toestel se voorkoms te verander.
Kies Roetebalk om die inligting wat jy in die roetebalk sien, te verander.
Kies Leidingaansig om die inligting wat jy in die leidingaansig sien, te verander.
Kies Outo-zoem om te verander hoe 'n kruising beskou word namate jy dit nader.
Outomatiese verwisseling tussen aansigte is by verstek aangeskakel. Dit beteken, byvoorbeeld, dat jou TomTom BRIDGE die kaartaansig wys wanneer 'n alternatiewe roete voorgestel word en tegelyk ook 'n hele stel ander omstandighede vertoon. Ook, byvoorbeeld, dat jou TomTom BRIDGE die leidingaansig wys wanneer jy wegtrek en begin om spoed op te tel. Kies hierdie instelling as jy outomatiese verwisseling tussen leidingaansig en kaartaansig wil afskakel.
Kies hierdie instelling om die volskerm-voorskou te beheer wanneer jy afritte op snelweë nader.