Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Stelsel.
Op hierdie skerm kan jy hierdie instellings verander:
Hierdie is 'n inligtingskerm eerder as 'n instelling en wys inligting oor jou TomTom Trucker. Jy kan tydens 'n oproep na TomTom-kliëntesteundiens gevra word om na hierdie skerm te gaan of dit kan nodig wees om inligting afkomstig van hierdie skerm in te voer wanneer jy die TomTom-winkel gebruik.
Inligting sluit in: Reeksnommer, toepassingsweergawe, geïnstalleerde kaarte, produksertifiserings, details van TomTom-rekening, vry spasie, kopiereglisensies.
Sommige kenmerke vereis dat inligting aan TomTom gestuur of op jou toestel gestoor word. Die volgende vrae word aan jou gestel:
As jy instem, kan jy al die volgende kenmerke gebruik:
Liggings van spoedkameras aflaai
Verslae oor spoedkameras stuur
As jy instem, sal jou toestel bestemmings voorstel. As jy op 'n latere stadium jou instemming terugtrek, sal jou historiese roete-inligting verwyder word. Dit kom daarop neer dat sou jy in die toekoms besluit om weer van voorgestelde bestemmings gebruik te maak, dié kenmerk van meet af aan jou rypatrone moet aanleer voordat dit kan begin om bestemmings voor te stel.
Kies hierdie instelling om die energiebesparende opsies op jou Trucker te beheer.
Kies hierdie instelling om al jou gestoorde plekke en instellings te skrap en die standaard-fabriekinstellings op jou TomTom Trucker te herstel. Dit sluit die taal, steminstellings, waarskuwinginstellings en tema in.
Hierdie is nie 'n sagtewarebywerking nie en sal nie die weergawe beïnvloed van die sagtewaretoepassing wat op jou Trucker geïnstalleer is nie.