As jy by 'n nuwe tydelike risiko-sone verby ry waarteen jy nie gewaarsku is nie, kan jy dit oombliklik rapporteer.
Let wel: Om 'n risiko-sone te rapporteer, moet jy met TomTom-dienste verbind en by jou TomTom-rekening aangemeld wees.
As 'n nuwe tydelike risiko-sone direk voor of na 'n bestaande risiko- of gevaarsone gerapporteer word, sal die nuwe sone by die bestaande sone gevoeg word.
As genoeg Gevaarsone-gebruikers 'n nuwe risiko-sone rapporteer, kan daardie sone 'n gevaarsone word en vir alle intekenare beskikbaar wees.
Jy kan 'n risiko-sone op twee maniere rapporteer:
Gebruik die kitskieslys om 'n risiko-sone te rapporteer
Jy sien 'n boodskap wat jou vir die byvoeging van die risiko-sone bedank.
Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n risiko-sone rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.
Die risiko-sone word outomaties op jou Trucker gestoor, en ook aan ander gebruikers gestuur. 'n Gerapporteerde risiko-sone bly op jou toestel vir drie ure.
Gebruik die Hoofkieslys om 'n risiko-sone te rapporteer
Jy sien 'n boodskap wat jou vir die byvoeging van die risiko-sone bedank.
Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n risiko-sone rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.
Die gerapporteerde risiko-sone word op jou kaart gewys en ook aan ander gebruikers gestuur. 'n Gerapporteerde risiko-sone geld vir drie ure.