Bekyk verkeer op jou roete

Inligting oor verkeer op jou roete word in die roetebalk regs van die kaart gewys.

Die roetebalk vertel jou van verkeersvertragings terwyl jy bestuur en gebruik simbole om jou te wys waar elke verkeersinsident op jou roete geleë is.

Let wel: As jou Trucker nie enige verkeerinfo ontvang nie, verskyn 'n simbool met 'n kruisie deur verkeer onderaan die aankomsinligtingpaneel.

Let wel: Om die roetebalk meer leesbaar te maak, word sommige insidente dalk nie vertoon nie. Hierdie insidente sal altyd van minder belang wees en slegs kort vertragings veroorsaak.

Om meer inligting oor 'n insident te kry, kies 'n insident in die roetebalk Die kaart maak oop, ingezoem op die insident, en 'n inligtingspaneel maak oop wat gedetailleerde inligting oor die verkeersinsident wys.

Die inligting wat gewys word, sluit in:

Vir 'n volledige lys van die tipes insidente, sien Verkeersinsidente.

Kies die terug-knoppie om terug te gaan na die leidingaansig.