Voeg 'n ligging tot My plekke by deur te merk

Om 'n ligging te merk en tydelik by My plekke te voeg, doen die volgende:

  1. Maak seker dat jou huidige ligging die ligging is wat jy wil merk.
  2. Kies die "huidige ligging"-simbool of die spoedpaneel in die leidingaansig om die kitskieslys oop te maak.
  3. Kies Merk ligging.
  4. Sodra gemerk, word die ligging in My plekke in die "Gemerkte liggings"-lys gestoor.

As jy 'n gemerkte ligging permanent wil stoor, voeg dit by My plekke deur die volgende te doen:

  1. In die hoofkieslys, kies My plekke.
  2. Kies Gemerkte liggings en kies dan jou ligging vanuit die lys.

    Jou ligging word op die kaart gewys.

  3. Kies Voeg by My plekke vanuit die opwipkieslys.

    Die naam van die ligging verskyn op die redigeerskerm.

  4. Redigeer die naam van die ligging sodat jy dit maklik kan herken.
  5. Kies Voeg by.